AKADEMIE
Die akademiese vryheid by Laerskool Fairland word as die grondslag vir ‘n intellektuele omgewing beskou, waarbinne die reg om kennis na te strewe, rede te voer, te onderrig en navorsing te doen.
Leerders word met die hulp van ‘n uitmuntende onderwyskorps hiermee ondersteun om op die beste moontlike standaard na die volgende fase te vorder. Vraestelle word volgens Bloom ’s- en Barrett se taksonomie opgestel en deur IEB gemodereer vir die betekenisvolste assesserings moontlik.
Laerskool Fairland beskou stimulering van entrepreneursgroei as baie belangrik. Ons poog om ondernemende individue te bemagtig en om geleenthede te benut.
Effektiewe kommunikasie word deurgaans gemotiveer en aangeleer.
- luister aandagtig en met simpatie.
- luister sonder om te oordeel.
- verstaan voor jy reageer.
- praat duidelik sonder om emosioneel te wees.
- verstaan die ander persoon se gevoelens.
- toon met jou liggaam dat jy luister.
Gevolgtrekking en sintese speel ‘n belangrike rol in die elke dag se lewe en die nodige toerusting moet verskaf word.
Motoriese vaardighede word gestimuleer sodat leerders in staat is om materiale akkuraat te hanteer, beheer en te manipuleer. Leerders word verder gelei om die moed van deursettingsvermoë te hê sodat die neiging ontstaan om ‘n kontinuïteit in ‘n bepaalde aktiwiteit te hê wat sal lei tot die gewenste einddoel. Verder moet hulle baie hindernisse oorkom om wel hulle doel te kan bereik. Fisiese, sielkundige, kulturele, kritieke en ontmoedigende struikelblokke moet oorkom kan word – beslis ‘n noodsaaklike vaardigheid vir die daaglikse lewe.
Vaardighede word daagliks aangepas sodat elke leerder tot die beste van hulle vermoë toegerus is vir die lewe daar buite.
By die intersenfase gr. 4 – 7 is ons fokus op Afrikaans as huistaal, Engels – eerste addisionele taal, Wiskunde met 5 inhoudsareas, NW en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis & Geografie), LV (PSW, LO en Skeppende Kuns). Gr. 7 word die vakke verder uitgebrei en kom die volgende by: Tegnologie, EBW en Lewensoriëntering.
Algemene doelwitte
Dit vorm die grondslag van wat beskou kan word as die kennis, vaardighede en waardes wat noodsaaklik is om te leer. Dit sal verseker dat leerders kennis en vaardighede verwerf en toepas op maniere wat betekenisvol is vir hulle lewens. Hiervolgens bevorder die kurrikulum die idee van begronde kennis binne plaaslike, bekende kontekste en terselfdertyd toon dit sensitiwiteit ten opsigte van globale vereistes.
Verder het dit ten doel om
Leerders, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond, ras, geslag, fisiese intellektuele vermoë, toe te rus met kennis, vaardighede en waardes wat nodig is vir selfvervulling en betekenisvolle deelname in die samelewing as burgers van ‘n vrye land;
Dit word op die volgende beginsel gebaseer
-
Sosiale transformasie: Dit verseker dat onderwysongelykhede van die verlede aangepak word en dat gelyke onderwysgeleenthede aan alle sektore van die bevolking voorsien word;
-
Aktiewe en kritiese leer: Dit moedig ‘n aktiewe en kritiese benadering tot leer aan eerder as om te leer sonder om te begryp, en nie-kritiese leer van gegewe waarhede;
-
Hoë kennis en hoë vaardighede: Dit is die minimum standaarde vir die kennis en vaardighede wat in elke graad verwerf moet word, word gespesifiseer en stel hoë, bereikbare standaarde in alle vakke;
-
Progressie: Die inhoud en konteks van elke graad toon progressie van die eenvoudige tot die komplekse;
-
Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid: Die infasering van die beginsels en praktyke van sosiale en omgewingsgeregtigheid en menseregte soos dit in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika omskryf word. Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 is veral sensitief vir kwessies wat diversiteit weerspieël soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, gestremdhede en ander faktore;
-
Waardering vir inheemse kennissisteme: Om erkenning te gee aan die ryke geskiedenis en erfenisse van hierdie land as bydraende faktore om die waardes in die Grondwet te laat gedy; en
-
Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid. Dit voorsien onderwys wat vergelykbaar is met internasionale standaarde in terme van kwaliteit, omvang en diepte.
Leerders word verder bemagtig om die volgende te kan doen
- Identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke;
- Werk doeltreffend saam met ander as lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap;
- Organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend;
- Versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities;
- Kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en / of taalvaardighede in verskillende vorme;
- Gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; en
- Begryp die wêreld as ‘n stel verwante stelsels waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie.
Inklusiwiteit vorm ‘n belangrike deel van organisering, beplanning en onderrig. Dit gebeur alleenlik as daar deeglik begryp word hoe om leerstruikelblokke te herken, aan te pak en te oorkom.
Intervensie
Die intervensiespan word jaarliks saamgestel. Hierdie span beywer hulle om intervensie-programme te volg om voortdurend die standaard te handhaaf. Leerders se vordering word noukeurig gemoniteer sodat ondersteuning en intervensie vroegtydig toegepas kan word om te verseker dat leerders na die volgende graad kan vorder.