kliek hier vir meer vitstekende resultate
In die hartjie van Johannesburg staan ‘n geskiedkundige Afrikaanse Hoërskool wat sedert 1947 op verskillende terreine trots sy plek in die Suid-Afrikaanse samelewing volstaan – ons trots, ons huis, Hoërskool Linden.
Met sy ryk tradisie en ‘n toekomsvisie wat relevante onderrig verseker, is Hoërskool Linden dié plek vir jou. Dit is ‘n skool met waardes wat spreek van respek, uitnemendheid, integriteit en lojaliteit. ‘n Plek waar ons mekaar se uniekheid en verskille erken en die heeltyd aanpas om relevant te bly. ‘n Plek waar die gemeenskap, ons ouers, ons leerders en personeel deel vorm van ‘n hegte familie.
By Hoërskool Linden skep ons ‘n ruimte waar jongmense toegerus word om die wêreld met selfvertroue, kennis en vaardighede aan te pak. Ons gee om, is inklusief, gefokus om dissipline te handhaaf en strewe daarna om lewens te verryk. Die skool bied ‘n veilige tuiste waar leerders in staat gestel word om hulle vermoëns te ontwikkel deur middel van ‘n breë spektrum geleenthede.
Hoërskool Linden is ‘n skool met trots, wat van krag tot krag groei, droom oor die toekoms en onverpoos werk om ons toekomsvisie te verwesenlik.
Hoërskool Linden is ‘n skool met trots, wat van krag tot krag groei, droom oor die toekoms en onverpoos werk om ons toekomsvisie te verwesenlik.
Akademiese
Hoërskool Linden het oor die jare homself as ‘n top akademiese skool provinsiaal, asook nasionaal, gevestig.
Hoërskool Linden handhaaf hoë akademiese standaarde en streef jaarliks om uitmuntende matriekuitslae te behaal.
Ons hou tred met tegnologiese vooruitgang en in 2016 word Hoërskool Linden ‘n Microsoft-vennootskapskool.
Lindeniete word toppresteerders by naskoolse opleidingsentrums en kry toelating op grond van Linden se hoë akademiese standaard.
Hoërskool Linden glo ook aan akademiese verryking buite die normale skool kurrikulum en moedig die deelname aan verskeie Olimpiades en Expo’s aan.
Die akademiese-program is ook vol pret, innovasie en praktiese ervaring met aktiwiteite soos Geek-week, die Sake-week en Entrepreneursdag.
Omdat alle matriekeksamens deur UMALUSI gesertifiseer word, ontvang privaat (IEB) en openbare skole presies dieselfde matrieksertifikaat. Hoërskool Linden bied AP Wiskunde en AP Duits aan. Hierdie leerders verwerf aan die einde van graad 12 ‘n IEB-kwalifikasie in die bepaalde vakke.
Akademiese prestasie by Linden hang nou saam met:
- Ervare, toegewyde opvoeders
- Die gebruik van die nuutste tegnologie in onderrig
- ’n Leerkultuur onder Lindeniete
- Gereelde oueraande om probleme aan te spreek
- ’n Vaste toetsrooster
- Ekstra akademiese verrykingsklasse
- Die aanwys van ‘n akademiese eerste span